Sunday, June 14, 2009

Ons is weer aan lyn






Hallo julle almal, dit is lekker om weer terug te wees, en sommer baie lekker om op die nuwe plaas te wees. Hier 'n paar fotos van ons huis en plaas waar ons werk.














karookinners

Friday, May 8, 2009

Raai wie word 40

Kom drink 'n glasie wyn op Cobus se verjaarsdag


Hulle sê "Life begins at 40"

Cobus baie geluk met jou verjaarsdag, ons is almal baie lief vir jou, geniet jou dag.


karookinners

Monday, May 4, 2009

Petri

Petri en Rachelle



Dit is so moeilik om 'n kind agter te laat................

Ek weet hoe my ma en skoonma moet voel sonder hulle kinders en so ook my seuns se pappa.

Petri ons mis jou verskriklik baie en wens ons kan jou sien.

Petri is nog is Suid Afrika en is nou in Matriek, by Strand Hoerskool. Hy wil volgende jaar Argitektuur gaan swat by die Universiteit van Port Elizabeth. Die kurses is 5 jaar lank, hopeloos te lank na my sin, want ek weet ek gaan hom nie sommer in die 5 jaar sien nie. Hy wil dan daarna sy meesters ook doen. Hy sê mos hy sal my sien voordat hy te oud is.

Ons sal maar sien wat in die toekoms gaan gebeur.

Ons is baie lief vir jou Petri

karookinners

Dit is hoe die karookinners boer

Cobus


Hier is Cobus in aksie, dit is maar 'n storie om so baie koeie te melk. Hy lyk nie baie beindruk met hierdie koei nie. Glo my dit is nogals 'n aanpasing van kantoor werk na DIé. Realiteit is, dit is ons toekoms nou.

Anine in die kalfstal



Kon jy jou nou al ooit voorgestel het om vir my in 'n kalfstal te sien, wel hier sien jy dit nou.

Kan jy dit glo?

Dit is nie so erg nie, ek het nie gedink ek sou dit kon doen nie, maar ek het. Ek het al gemelk ook, en dit was nie erg soos almal gesê het dit gaan wees nie, ek het dit geniet.

Ryno op sy beste

Hier is Ryno op sy beste, op die bank vas aan die slaap. Die arme kind sukkel net om op te staan, maar ek glo hy sal reg kom, as die omstandighede verander. Vanaf 1 Junie gaan ons skuif na 'n ander plaas, ons weet nog waarheen Ryno skuif nie, maar hopelik sal ons so gou moontlik weet. Sal julle op hoogte hou.

karookinners